Sport

Groot getalle leerders het weer vanjaar aan sport deelgeneem. Dit is oorweldigend om sulke groot getalle leerders op die sportveld te sien.

 

At Bastion we would like each child to participate in one summer and one winter sport. This does not only contribute to the learners’ physical abilities but also to their social interaction and general life skills.

 

By Bastion het ons die volgende sportsoorte:

SOMER:         Tennis, Atletiek, Boogskiet, Krieket en Skaak

WINTER:       Skaak, Rugby, Netbal, Boogskiet en Hokkie

 

Ons verskillende sportsoorte/spanne het vanjaar altesaam aan 34 verskillende sportdae (Naweekwedstryde) deelgeneem. Graag sê ons dankie aan die afrigters wat bereid is om die ekstra dae vir die leerders moontlik te maak.

 

Our thanks also go to the learners for the effort they put into extra practices and the way they represent us at these tournaments.

 

Ons het vanjaar twee groot 0/13 toere aangepak. Die 0/13 rugbyspan het aan die Konka Toernooi by Rustenburg deelgeneem gedurende die April vakansie. Die 0/13A Hokkie seuns en dogters en die 0/13A en B Netbal spanne het getoer na die Addo Olifantpark in die eerste week van die derde kwartaal. Albei toere was ‘n reuse sukses en was ‘n belewenis vir elke leerder wat die toer meegemaak het.

 

We would like to thank each player, coach, parent, sponsor and paramedic who helped us to make this year a great sporting year. Without everyone’s support, this year would not have been so successful.

 

Ons kan met trots sê dat Laerskool Bastion besig is om een van die top sportskole te word.