32/2008 17 September 2008
Geagte Ouers
Ons bring graag die
volgende vriendelik onder u aandag.
1.
BELANGRIKE
DATUMS
|
Do 18 September |
BASTION-Verjaardag (Skool sluit 11:00) |
|
Vr 19 September |
Omgewingsklub: Grabouw (Gr 3 – 7) |
|
Ma 22 September |
Atletiek (Veldnommers) en hekkies (uitdunne) |
|
Di 23 September |
Atletiek: Gr 4 – 7: Kleurgroepe |
|
Wo 24 September |
Erfenisdag (VAKANSIEDAG) |
|
Do 25 September |
Interhuis: Rugby, netbal en hokkie |
|
Vr 26 September |
SKOOL SLUIT - 10:30 (Rapporte aan leerders) |
GRONDSLAGFASE-ATLETIEK: Die byeenkoms vir eerskomende Vrydag is
afgestel. Die velde is deurdrenk en reën
word vir die
res van die week voorspel. Die byeenkoms sal nou volgende kwartaal op VR 24 OKTOBER gehou word.
Gewone klere
BLOMME (rangskikkings/los blomme), sodat ons dit aan
behoeftiges, ouetehuise, besighede en skole kan gee.
2. BUITEMUURSE-AKTIWITEITE
ATLETIEK: Ma 22 Sept: Veldnommers - Finale en
Hekkies (uitdunne)
Gr 3 – 7 na
skool.
Di 23 Sept: Baannommers: Gr 4
– 7 gedurende
skooltyd.
3. SKOOLGELDE:
Gr 1 - 7 R4000 per kind per jaar
NB Alle
gelde (korrekte bedrag) moet in ‘n geseëlde
koevert skool toe gestuur word.
4. SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae:
sekretaresses 981-1882).
Elke Woensdagaand: 17:00 –
18:00
Verkope: Ma
& Wo 13:30 – 15:00
5. KASKARRE
Baie dankie aan elkeen (leerders
en ouers) wat van dié poging so ‘n groot sukses gemaak het.
BEDRAG
TOT DUSVER INGENEEM: R162 194-23
6. PERSONEELNUUS
Verjaardae: Mnre D van Zyl (Skolierpatrollie - Do 18 Sept),
H Botha (Opsigter - Ma 22 Sept) en me R Lourens (Di 23 Sept).
Baie geluk. Mag dit ‘n
wonderlike en geseënde jaar vir jul wees.
7. PLASTIEKSAKKIES: R25 per pak van 250
sakkies. Onderstaande strokie moet met
korrekte kontant aan Mnr Esterhuizen
gestuur word.
8. ALGEMEEN
ONTHOU DIE VOLGENDE:
·
KENTUCKY-KOMPETISIE.
·
N.G. Kerk
Heidekoppie hou eerskomende naweek Kindernaweek. Sokkie en DVD-vertoning op
Vrydagaand. Saterdag:
Stalletjies en ander
aktiwiteite by kerk. Almal welkom.
MySchool
Ondersteunerkaart: Aansoekvorms by klasopvoeders beskikbaar.
**Lys
van MySchool vennote verskyn op www.myschool.co.za**
The reason a dog has so many friends is
that he wags his tail and not his tongue.
Vriendelike
groete

_____________
C D Eksteen
SKOOLHOOF
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ek, ouer van
________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 32/2008.
PLASTIEKSAKKIEBESTELLING
Aantal pakke:
________ Bedrag
ingesluit: ________________
______________________ _______________
HANDTEKENING DATUM