30/2008                                             3 September 2008

 

Geagte Ouers

 

Ons bring graag die volgende vriendelik onder u aandag.

 

1.             BELANGRIKE DATUMS

Di 9 September

Beheerliggaam 18:00

 

2.           BUITEMUURSE-AKTIWITEITE

            Atletiek (Gr 1 – 3): Tydens skoolure.

            Atletiekoefening (O/9 – O/13): Maandag – Donderdag tot 15:00. 

 

DATUMS:      Vr 12 Sept:      Atletiek: Grondslagfase:  Kleurgroepe

                        Do 18 Sept :    Bastion-verjaardag: (skool sluit 11:00)

Ma 22 Sept:    Atletiek (Veldnommers - Finale) en Hekkies (uitdunne):  Gr 3 – 7 na skool.

Di 23 Sept:      Atletiek (Baannommers): Gr 4 – 7 gedurende skooltyd.

                        Wo 24 Sept:    Erfenisdag: (Vakansiedag – skool gesluit)

                        Do 25 Sept:     Interhuis (Rugby, netbal en hokkie) – skooltyd

Vr 26 Sept:      Kaskarre: Tydens skooltyd.

Skool sluit om 10:30 vir einde van kwartaal.

           

3.           SKOOLGELDE: Gr 1 -  7     R4000 per kind per jaar

            OUERS WAT NOG GEEN SKOOLGELDE VIR DIé JAAR BETAAL HET NIE,

GAAN NOU OORHANDIG WORD.

Ouers wat teen die einde van Oktober agterstallig is, sal in NOVEMBER oor-

handig word.

Ons doen ‘n vriendelike beroep op ons ouers om hul skoolgelde op datum te hou.

 

NB Alle gelde (korrekte bedrag) moet in ‘n geseëlde koevert skool  toe gestuur word.

             

4.        SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae: sekretaresses  981-1882).

Elke Woensdagaand: 17:00 – 18:00

Verkope: Ma & Wo 13:30 – 15:00

 

Indien u tweedehandse skoolklere by die huis het wat te klein of in onbruik is, vra ons dat u dit aan die skool sal skenk.

Ons het behoeftige kinders wat dié klere sal kan gebruik.

 

5.        PERSONEELNUUS

Verjaardae: Mev A Britz (Sat 6 Sept), mnr L Crous (Ma 8 Sept) en me M Human (Ma 8 Sept).  

Baie geluk. Mag dit ‘n wonderlike en geseënde jaar vir jul wees.

 

6.           KASKARRE:  Sluitingsdatum 10 September. 

                Slegs persone wie se gelde op dié dag inbetaal is, sal in aanmerking kom vir die prystrekking.

 

7.        SKOOLTYE: 4DE KWARTAAL 2008

Gr 1 & 2 leerders   12:10 (Dinsdae) EN 13:00 (Donderdae)

Gr 3 – 7 leerders:   13:00 (Dinsdae) EN 14:00 (Donderdae)

 

8.        PLASTIEKSAKKIES: R25 per pak van 250 sakkies. Onderstaande strokie moet   

met korrekte kontant aan Mnr Esterhuizen gestuur word.

 

9.        ALGEMEEN

            ONTHOU DIE VOLGENDE:

·          KENTUCKY-KOMPETISIE.

·          LOSLITDAG: Vrydag 5 September 2008.

Alleenlik leerders wat ‘n plakker het, mag met gewone klere skool toe kom.

·           DVD van konsert beskikbaar @ R100 elk.  (Laaste dag:  5 Sept)

 

MySchool Ondersteunerkaart: Aansoekvorms by klasopvoeders beskikbaar.

**Lys van MySchool vennote verskyn op www.myschool.co.za**

 

He that is good at making excuses is seldom good at anything else.

                       Benjamin Franklin                                

 
    Vriendelike groete

 

     ______________

     G Vos

     ADJUNKHOOF

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Ek, ouer van ________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 30/2008.

 

PLASTIEKSAKKIEBESTELLING

Aantal pakke:  ________                                                     Bedrag ingesluit: ________________

 

 

______________________                                                                                    _______________

HANDTEKENING                                                                                                DATUM