29/2008                                                                       27 Augustus 2008

 

Geagte Ouers

 

Ons bring graag die volgende vriendelik onder u aandag.

 

1.              BELANGRIKE DATUMS

Do 28 Aug

Toets: 2de Taal

Vr 29 Aug

Toets: Kuns en Kultuur

 

Gr 3: Tafelberg

So 31 Aug – Do 4 Sept

Skoolhoofde-simposium (Port-Elizabeth)

Mnr G Vos in beheer van die skool

 

2.           BUITEMUURSE-AKTIWITEITE

            Atletiek (Gr 1 – 3): Tydens skoolure.

            Atletiekoefening (O/9 – O/13): Vanaf Maandag, 1 September.    

           

            CARLIE TREDOUX: Gekies vir die O/13 WP-All Stars hokkiespan

                WIAN BOTHA: Gekies vir WP O/12 Rugbyspan

BAIE GELUK. Ons is TROTS op julle.

 

Bastion het Vrydag, 22 Aug aan die WP Top Skole Skaaktoernooi deelgeneem en is in

‘n algehele 7de posisie in die Wes-Kaap geplaas.

 

3.           SKOOLGELDE: Gr 1 -  7     R4000 per kind per jaar

            OUERS WAT NOG GEEN SKOOLGELDE VIR DIé JAAR BETAAL HET NIE,

GAAN NOU OORHANDIG WORD.

Ouers wat teen die einde van Oktober agterstallig is, sal in NOVEMBER oor-

handig word.

Ons doen ‘n vriendelike beroep op ons ouers om hul skoolgelde op datum te hou.

 

NB Alle gelde (korrekte bedrag) moet in ‘n geseëlde koevert skool  toe gestuur word.

             

4.        SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae: sekretaresses  981-1882).

Elke Woensdagaand: 17:00 – 18:00

Verkope: Ma & Wo 13:30 – 15:00

Indien u tweedehandse skoolklere by die huis het wat te klein of in onbruik is, vra ons dat u dit aan die

skool sal skenk. Ons het behoeftige kinders wat dié klere sal kan gebruik.

 

5.        PERSONEELNUUS

Verjaardae: Mev C Limba (Sat 30 Aug) en mnr W Esterhuizen (So 31 Aug).

Baie geluk. Mag dit ‘n wonderlike en geseënde jaar vir jul wees.

 

6.           KASKARRE:  Sluitingsdatum 10 September. 

                Slegs persone wie se gelde op dié dag inbetaal is, sal in aanmerking kom vir die prystrekking.

 

7.        SKOOLTYE: 4DE KWARTAAL 2008

Gr 1 & 2 leerders   12:10 (Dinsdae) EN 13:00 (Donderdae)

Gr 3 – 7 leerders:   13:00 (Dinsdae) EN 14:00 (Donderdae)

 

8.        TOETSE

Ek is bekommerd oor die groot hoeveelheid leerders wat nie vir toetse leer nie. In sekere klasse is daar ook leerders

wat nooit huiswerk voltooi en doen nie. Ouers moet asseblief hul kin(ers) se werk tuis nagaan. Alle take word

geassesseer en word op die kwartaalverslag weerspieël. 

 

9.        ALGEMEEN

·          KENTUCKY-KOMPETISIE: Onthou om u kontantstrokies met Laerskool Bastion daarop by die plaaslike

tak in die houer te plaas as u etes by hul koop.

·          LOSLITDAGPLAKKERS by sekretaresses beskikbaar @ R10 elk.

Alleenlik leerders wat ‘n plakker het, mag met gewone klere skool toe kom.

·          PLASTIEKSAKKIES: R25 per pak van 250 sakkies. Onderstaande strokie moet   met korrekte kontant aan Mnr Esterhuizen gestuur word.

·          DVD van konsert beskikbaar @ R100 elk.  (Laaste dag:  3 Sept)

MySchool Ondersteunerkaart: Aansoekvorms by klasopvoeders beskikbaar.

**Lys van MySchool vennote verskyn op www.myschool.co.za**

 

    Vriendelike groete

Like a ten-speed bike, most of us have gears we do not use.        Charles Schulz

                                              

 
 


     ______________

     C.D. Eksteen

     SKOOLHOOF

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ek, ouer van ________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 29/2008.

 

 

PLASTIEKSAKKIEBESTELLING

 

Aantal pakke:  ________                                                     Bedrag ingesluit: ________________

 

______________________                                                                                    _______________

HANDTEKENING                                                                                                DATUM