28/2008 20 Augustus 2008
Geagte Ouers
Ons bring graag die
volgende vriendelik onder u aandag.
1. BELANGRIKE DATUMS
|
Do 21 Aug |
Toets: Eerste Taal |
|
Vr 22 Aug |
Gr R: Entrepreneursdag |
|
Ma 25 Aug |
Toets: SW |
|
Di 26 Aug |
Toets: Tegnologie |
|
Wo 27 Aug |
Toets: EBW |
|
Do 28 Aug |
Toets: 2de Taal |
2. BUITEMUURSE-AKTIWITEITE
|
DATUM |
AKTIWITEIT |
TEENSTAANDERS |
T/W |
|
Do 21 Aug |
Netbal: O/7 –
O/13 |
Durbanville |
T |
|
|
Hokkie: Seuns |
Vredelust |
T |
|
|
Hokkie: Meisies |
Parow-Wes |
W |
|
Vr 22 Aug |
Hokkie: S & M
(O/14) |
Kenridge |
W |
|
|
Skaak |
Parkdene |
W |
|
Sat 23 Aug |
Rugby: O/7- O/13 |
Durbanville |
T |
|
|
Hokkie: O/10
Meisies |
Kenridge |
W |
3. SKOOLGELDE:
Gr 1 - 7 R4000 per kind per jaar
Ons doen ‘n vriendelike beroep op ons ouers om hul
skoolgelde op datum te hou.
NB Alle
gelde (korrekte bedrag) moet in ‘n geseëlde
koevert skool toe gestuur word.
4. SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae:
sekretaresses 981-1882).
Elke Woensdagaand: 17:00 –
18:00
Verkope: Ma
& Wo 13:30 – 15:00
Indien u tweedehandse skoolklere by die huis het wat te
klein of in onbruik is, vra ons dat u dit aan die
skool sal skenk. Ons het behoeftige kinders wat dié
klere sal kan gebruik.
5. PERSONEELNUUS
Verjaardag: Me I Swanepoel (Vr 22 Aug).
Baie geluk. Mag dit ‘n
wonderlike en geseënde jaar vir jou wees.
6. KASKARRE: Sluitingsdatum 10 September.
Die klas wat in elke graad (Gr
1-7) die meeste geld insamel, kry ‘n dag af.
Slegs persone wie se gelde op
dié dag inbetaal is, sal in aanmerking kom vir die prystrekking.
7. SKOOLTYE: 4DE KWARTAAL 2008
Vanaf volgende kwartaal sal die uitkomtye van
Dinsdag en Donderdag omruil.
Gr 1
& 2 leerders 12:10 (Dinsdae)
13:00 (Donderdae)
Gr 3 –
7 leerders: 13:00 (Dinsdae)
14:00
(Donderdae)
Ons vra dat ouers vroegtydig
reëlings sal tref vir die haal van hul kinders.
8. ALGEMEEN
·
KENTUCKY-KOMPETISIE: Onthou om u
kontantstrokies met Laerskool Bastion
daarop by die
plaaslike tak in die houer te
plaas as u etes by hul koop.
·
LOSLITDAGPLAKKERS by
sekretaresses beskikbaar @ R10 elk.
Alleenlik leerders wat plakker
het, mag met gewone klere skool toe kom.
·
PLASTIEKSAKKIES: R25 per pak van
250 sakkies. Ideaal vir vleis en groente. Voltooi onderstaande
strokie en stuur saam met korrekte kontant aan Mnr Esterhuizen.
MySchool
Ondersteunerkaart: Aansoekvorms by klasopvoeders beskikbaar.
**Lys
van MySchool vennote verskyn op www.myschool.co.za**
Vriendelike groete
Alone we can do
so little, together we can do so much Helen Keller

______________
C.D.
Eksteen
SKOOLHOOF
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ek, ouer van
________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 28/2008.
PLASTIEKSAKKIEBESTELLING
Aantal pakke:
________ Bedrag
ingesluit: ________________
______________________ _______________
HANDTEKENING DATUM