21/2008                                                                                               25 Junie 2008

 

Geagte Ouers

 

Weereens baie dankie vir ‘n wonderlike kwartaal en ook u positiewe betrokkenheid by die skool. Ons sê ook

dankie aan die leerders wat die afgelope kwartaal so mooi presteer het en ons skool se naam op alle terreine hoog gehou het.

‘n Aangename vakansie saam met u kinders. Ons bring graag die volgende vriendelik onder u aandag.

 

 

1.           BELANGRIKE DATUMS

Vr 27 Jun

Rapporte na ouers

 

SKOOL SLUIT 10:30 – leerders trek skooldrag aan

 

                Rapporte word op Vr 27 Junie saam met die leerders huis toe gestuur.

 

OUERAANDE: 2DE WEEK VAN VOLGENDE KWARTAAL:

-          Briefies sal in die 1ste week aan die leerders gegee word.

-           

MOSSELBAAI-TOER: WO 16 – SO 20 JULIE

Hokkie- en Netbalspelers vertrek Woensdag.

Rugbyspelers vertrek Vrydag.

 

               

2.        SKOOLGELDE: Gr 1 -  7     R4000 per kind per jaar

Skoolgelde kan elektronies inbetaal word. ‘n Bewys van betaling moet aan die finansiële sekretaresses gestuur word. 

Indien u ‘n internetbetaling doen,  moet u asb. die verwysingsnommer ook aandui.

 

 

3.            SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae: sekretaresses  981-1882).

Elke Woensdagaand: 17:00 – 18:00

Verkope: Ma & Wo 13:30 – 15:00

Leerders sal tot die einde van die tweede termyn, die kans gegun word om die korrekte sportdrag vir

KDA aan te koop, hetsy die klerebank voorraad het.

 

 

** 1ste week (3de kwartaal): Die winkel sal Di 15 Julie oop wees en nie Wo 16 Julie nie.

Vanaf die 2de week keer ons terug na die bogenoemde tye en dae.

 

 

4.        PERSONEELNUUS

Verjaardae: Mnr D Labuschagne (So 29 Jun), mev A Mulder (Sat 5 Jul), mev M Fourie (Di 15 Jul) en me S van Zyl (Wo 16 Jul).

Baie geluk. Mag dit ‘n wonderlike en geseënde jaar vir jul wees. 

 

Dis ook met groot spyt dat ons van mev A Mulder afskeid moet neem. Haar man het ‘n betrekking in die

Verenigde Arabiese Emirate aanvaar. Ons wens haar alle sterkte toe.

                Mev C van Schalkwyk sal vir die res van die jaar in haar plek waarneem.

 

 

5.        ALGEMEEN

INSKRYWINGS VIR GR 1 (2009): Inskrywingsvorms by sekretaresses be-skikbaar.

 

OOV-DANS:  Christo & Cobus sal op 15 Augustus 2008, in Kraaifontein Stadsaal optree. 

R75 per persoon – verversings sal op tafels beskikbaar wees.  Kaartjies by skool beskikbaar.

 

Olimpiade vir Gr. 1, 2, en 3 leerlinge sal in die begin van Augustus plaasvind.

 

             

I can accept failure, everyone fails at something. But I can’t accept not trying.                         Michael Jordan

 
Vriendelike groete

 

________________

C.D. Eksteen

SKOOLHOOF

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Ek, ouer van ________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 21/2008.

 

 

__________________                                                                            ________________

HANDTEKENING                                                                                DATUM