20/2008                                                                                                                   18 Junie 2008

 

 

Geagte Ouers

 

Ons bring graag die volgende vriendelik onder u aandag.

 

 

1.           BELANGRIKE DATUMS

Vr 20 Jun

Gr R: Inskrywings/aansoeke vir 2009 sluit

 

Gr R: Dans (sien nuusbrief)

 

 

 

2.        SKOOLGELDE: Gr 1 -  7     R4000 per kind per jaar

Skoolgelde kan elektronies inbetaal word. ‘n Bewys van betaling moet aan die finansiële sekretaresses gestuur word. 

Indien u ‘n internetbetaling doen,  moet u asb. die verwysingsnommer ook aandui.

 

Die Beheerliggaam gaan met ouers skakel wat nog geen skoolgelde betaal het nie.   

Baie dankie aan die ouers wat gereeld/maandeliks hul gelde betaal.

 

 

3.            SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae: sekretaresses  981-1882).

Elke Woensdagaand: 17:00 – 18:00

Verkope: Ma & Wo 13:30 – 15:00

Leerders sal tot die einde van die tweede termyn, die kans gegun word om die korrekte sportdrag vir KDA aan te koop,

hetsy die klerebank voorraad het.

 

** 1ste week (3de kwartaal): Die winkel sal Di 15 Julie oop wees en nie Wo 16 Julie nie.

Vanaf die 2de week keer ons terug na die bogenoemde tye en dae.

 

 

4.        PERSONEELNUUS

Verjaardae: Mev E Sherriff (Wo 18 Jun) en me M van der Merwe (Di 24 Jun).

Baie geluk. Mag dit ‘n wonderlike en geseënde jaar vir jul wees.  Geluk aan me Swanepoel met haar verlowing.

 

5.        ALGEMEEN

GR R-DANS: Vr 20 Junie in skoolsaal. R30 per persoon. Kaartjies by Aneen Cooks (preprimęr) beskikbaar. 

 

INSKRYWINGS VIR GR 1 (2009): Inskrywingsvorms by sekretaresses be-skikbaar.

 

OOV-DANS:  Christo & Cobus sal op 15 Augustus 2008, in Kraaifontein Stadsaal optree.  R75 per persoon –

verversings sal op tafels beskikbaar wees.  Kaartjies by skool beskikbaar.

 

 

 

Be civil to all; sociable to many; familiar with few; friend to one; enemy to none – Benjamin Franklin

 

 
             

Vriendelike groete

 

________________

C.D. Eksteen

SKOOLHOOF

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Ek, ouer van ________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 20/2008.

 

 

__________________                                                                            ________________

HANDTEKENING                                                                                DATUM