19/2008 11
Junie 2008
Geagte Ouers
Ons bring graag die
volgende vriendelik onder u aandag.
1. BELANGRIKE
DATUMS
|
Wo 11 Jun |
Toets: LO |
|
Do 12 Jun |
Toets: 2de Taal |
|
Vr 13 Jun |
Gr R: Planetarium |
2. BUITEMUURSE-AKTIWITEITE
|
DATUM |
AKTIWITEIT |
TEENSTAANDERS |
T/W |
|
Do 12 Jun |
Hokkie: Meisies |
Welgemoed |
T |
|
|
Hokkie: Seuns |
Monte Vista |
W |
SPORTOEFENINGE:
Sportoefeninge eindig dié week.
Ma 16 Junie: JEUGDAG
– skool gesluit
3. SKOOLGELDE:
Gr 1 - 7 R4000 per kind per jaar
Skoolgelde kan elektronies inbetaal word. ‘n Bewys van betaling moet
aan die finansiële sekretaresses gestuur word.
Indien u ‘n internetbetaling doen, moet
u asb. die verwysingsnommer ook
aandui.
4. SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae:
sekretaresses 981-1882).
Elke Woensdagaand: 17:00 –
18:00
Verkope: Ma
& Wo 13:30 – 15:00
Leerders sal tot die einde van
die tweede termyn, die kans gegun word om die korrekte sportdrag vir KDA aan te
koop,
hetsy die klerebank voorraad
het.
5. FONDSINSAMELINGSPROJEK
– “MY SCHOOL” KAART
U kind het vandag ‘n “My
School” aansoekvorm ontvang. U kan hierdie kaart by deelnemende winkels gebruik waarvan ‘n
persentasie van u aankope na
die skool gaan. Indien u belangstel
kan u die vorm voltooi en aan hulle terug faks.
6. ALGEMEEN
INSKRYWINGS VIR GR 1 (2009):
Inskrywingsvorms by sekretaresses be-skikbaar.
OOV-DANS: Christo & Cobus sal op 15 Augustus 2008,
in Kraaifontein Stadsaal optree. R75
per persoon –
verversings sal op tafels beskikbaar
wees. Kaartjies by skool beskikbaar.
Namens die hoof en personeel
van Bastion, wens ons al die pappas ‘n geseënde Vadersdag toe.
Gr R aansoeke vir 2009 sluit Vrydag, 20 Junie 2008
An eye for an eye makes the whole world
blind – Mahatma Gandhi
Vriendelike groete

________________
C.D. Eksteen
SKOOLHOOF
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ek, ouer van
________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 19/2008.
__________________ ________________
HANDTEKENING DATUM