11/2008                                                                                                                   16 April 2008

 

Geagte Ouers

 

Sterkte vir die komende kwartaal met al die aktiwiteite wat daarmee saamgaan. Ons bring graag die volgende vriendelik onder u aandag.

 

 

1.            BELANGRIKE DATUMS

Ma 21 Apr

Oueraand (Grondslagfase)

Di 22 Apr

Oueraand (Intermediêre & Senior)

Wo 23 Apr

Gr 3: Tafelberg: “Class in the clouds”

 

OUERAANDE: 21 & 22 April 2008

                 Ouers moet asseblief die voltooide oueraandbriefies so gou moontlik aan u kind(ers) se

 klasopvoeders terugbesorg, sodat die tyd van u afspraak gefinaliseer kan word.

 

                LEERONDERSTEUNING: Me Kershoff sal op bogenoemde aande tussen 16:00 en

18:00 in haar klas beskikbaar wees vir ouers wat haar graag wil spreek.

 

 

2.            BUITEMUURSE-AKTIWITEITE

DATUM

AKTIWITEIT

TEENSTAANDERS

T/W

Vr 18 Apr

Rugby & Netbal O/13

Hoërskool Bellville

W

 

Hokkie: S & M – O/14

Hoërskool Bellville

W

Sat 19 Apr

Rugby: O/9 & O/11

Hoërskool President

W

 

Hokkie: S & M (O/10 – O/14)

Vredelust

W

 

Netbal:  O/10

L/S Durbanville

W

       

            LANDLOOP: Al die leerders sal môre vanaf 11:30 die geleentheid kry om deel te

 neem. Ons wil leerders identifiseer wat aan landlope wil deelneem. Deelnemers mag in

 hul Bastion-sportdrag skool toe kom.

 

 

3.            SKOOLGELDE: Gr 1 -  7     R4000 per kind per jaar

Skoolgelde kan elektronies inbetaal word. ‘n Bewys van betaling moet aan die finansiële sekretaresses gestuur word.

Bankbesonderhede:                 ABSA Brackenfell

                                                Laerskool Bastion

                                                Rek.nr. 01002621262 (Tjekrekening)

 

 

4.            SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae: sekretaresses  981-1882).

Elke Woensdagaand: 17:00 – 18:00

Verkope: Ma & Wo 13:30 – 15:00

(Bogenoemde dae/tye is aangepas soos deur ouers gevra)

 

 

5.        PERSONEELNUUS

Verjaardae: Me A Kruger (Do 17 Apr), mev R van Niekerk (Do 17 Apr), mev M Boonzaaier-Venter (Vr 18 Apr), mnr D Laas (So 20 Apr) en mnr D du Plessis (Ma 21 Apr).

Baie geluk. Mag dit ‘n wonderlike en geseënde jaar vir jul wees.

 

6.        ALGEMEEN

                Die Gr. R Pretdag van 19 April is uitgestel.

 

 Always borrow money from pessimists. They don’t expect it back.

                      Chinese wisdom

 
 


  

Vriendelike groete

 

________________

C.D. Eksteen

SKOOLHOOF

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Ek, ouer van ________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 11/2008.

 

 

__________________                                                                            ________________

HANDTEKENING                                                                                DATUM