2/2010 20 Januarie 2010
Geagte Ouers
Ons bring graag die
volgende vriendelik onder u aandag.
2010: LEWE MET DANKBAARHEID
1.
BELANGRIKE DATUMS
|
Ma 25 Jan |
Oueraand: Gr 2 & 3 (19:00) |
|
Di 26 Jan |
Oueraand: Gr 4 - 7 (19:00) |
OUERAANDE: Begin stiptelik om 19:00 in die skoolsaal. Daarna verdaag ouers na die klasse.
Mej Kershoff sal op 26
Januarie beskikbaar wees vir oueraand.
2.
SKOOLTYE
Hier
volg weer die tye vir Gr 3.
Die skooltye is dwarsdeur die jaar dieselfde.
Gr 3: Ma, Wo (14:00);
Di, Do en Vr (13:00)
3. SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae:
sekretaresses 981-1882).
Verkope: Ma
& Wo 13:30 – 15:00
Elke Woensdagaand: 17:00 – 18:00
4. PERSONEELNUUS
Verjaardag: Mev H Kruger: Gr 5E (Wo 27 Jan). Baie
geluk. Mag dit ‘n wonderlike en geseënde jaar vir jou wees.
5. SKOOLGELDE: Gr 1 - 7
NB Alle
gelde (korrekte bedrag) moet in ‘n geseëlde
koevert skool toe gestuur word.
Gelde: Gr R R5500
per kind per jaar (geen afslag)
Gr 1 - 7 R5170 per kind per jaar
-
Betaalbaar oor 11 maande (Januarie –
November): R470 per maand.
-
R4653 indien gelde voor einde Februarie betaal word.
-
Aansoekvorms vir kwytskelding,
korting of vir vermindering van skoolgelde kan by die finans. sekretaresses
aangevra word.
Aansoeke moet jaarliks gedoen word.
NB: OUERS MOET SELF DIE VORMS BY KANTOOR
KOM AFHAAL!
-
Indien u ‘n
inbetaling wil maak is die bankbesonderhede as volg:
BANKBESONDERHEDE:
ABSA (Takkode: 632005),
BRACKENFELL,
TJEK REK., NR. 01002621262
(Verwysing:
U kind se naam & van of u rek. Nr.)
6. ALGEMEEN
- Ons doen ‘n vriendelike beroep op ouers om nie met
hul voertuie voor/in opritte van
inwoners
oorkant die skool te parkeer nie.
- Bogenoemde inwoners kla ook dat daar persone is wat
hul eiendom beskadig.
- Die skolierpatrollie verseker dat u kind(ers) die
straat veilig kruis. Ondersteun hulle deur u
samewerking
te gee – hulle is maar net kinders.
- OOV Valentyn
Dans: 12 Febr. 2010 om 19:30 in
skoolsaal. R80 per paar. Drag:
Wit en Rooi. Kaartjies by
OOV-lede beskikbaar.
Vertroue beteken nie jy gaan elke liewe
keer wen nie. Rosabeth Moss Kanter
Vriendelike groete

_____________
C D Eksteen
SKOOLHOOF
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ek, ouer van
________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 2/2010.
______________________ _______________
HANDTEKENING DATUM