1/2010 14
Januarie 2010
Geagte Ouers
Welkom aan al ons
ouers hier aan die begin van ‘n nuwe skooljaar. ‘n Spesiale welkom aan die
ouers
en leerders wat die eerste keer by ons
aansluit. Mag 2010 ‘n jaar van samewerking en ouerbetrokkenheid wees.
1.
BELANGRIKE
DATUMS
|
Do 14 Jan |
Gr 1: Eerste dag foto’s |
|
Vr 15 & Sat 16 Jan |
Prefekte:
Oriëntering (Oorslaap by skool) |
|
Ma 18 Jan |
Oueraand: Gr R |
|
|
OOV-bestuur (18:30) |
|
Di 19 Jan |
Oueraand: Gr 1 (19:00) |
Buitemuurse
aktiwiteite
ATLETIEKOEFENING: Vanaf DO 14 JANUARIE 2010.
ALLE ANDER SPORT- EN
KULTUURAKTIWITEITE: Vanaf MA 18 JAN 2010.
2.
SKOOLTYE
Die
skooltye is dwarsdeur die jaar dieselfde
Soggens
begin die skool om 07:45 (Alle leerders moet stiptelik by die skool wees)
Die grade verdaag soos volg:
Gr R (Preprimêr) Ma – Vr (12:00)
Gr 1 en 2 Ma,
Wo, Do en Vr (13:00); Di om 12:10
Gr 3 Ma,
Wo (14:00); Di, Do en Vr (13:00)
Gr 4 - 7 Ma,
Wo, Do en Vr (14:00); Di om 13:00
Op Dinsdae
verdaag die Gr 3 – 7 om 13:00
(Vergaderdag vir opvoeders).
3. OMSENDBRIEWE
Elke Woensdag sal dit aan al die jongste en
enigste leerders gegee word. Uit ondervinding het ons
geleer dat briewe die ouer beter deur die jonger kind
bereik.
Ø
teken en stuur
afskeurstrokie terug
Ø
hou
omsendbriewe vir terugwysing
Ø
afwesige
leerders sal hul briewe ontvang as hulle terugkeer
4. SKOOLDRAG / SPORTDRAG (Navrae:
sekretaresses 981-1882).
Verkope: Ma
& Wo 13:30 – 15:00
Elke Woensdagaand: 17:00 – 18:00
5. SKOOLGELDE: Gr 1 - 7
NB Alle
gelde (korrekte bedrag) moet in ‘n geseëlde
koevert skool toe gestuur word.
Skoolgelde kan enige tyd van die dag by die
finansiële sekretaresses inbetaal word.
Gelde: Gr R R5500 per kind per jaar (geen afslag)
Gr 1 - 7 R5170 per kind per jaar
-
Betaalbaar oor 11 maande (Januarie – November):
R470 per maand.
-
Afslag (10%: R517), indien voor
einde Februarie betaal. (Bedrag van R4653)
-
Persone wat vir kwytskelding, korting of vir vermindering van skoolgelde
wil aansoek doen,
kan die vorms by die
finans. sekretaresses aanvra. Aansoeke moet
jaarliks gedoen word.
-
Indien u ‘n
inbetaling wil maak is die bankbesonderhede as volg:
BANKBESONDERHEDE:
ABSA (Takkode: 632005),
BRACKENFELL,
TJEK REK., NR. 01002621262
(Verwysing:
U kind se naam & van of u rek. Nr.)
6. PERSONEELNUUS
Geluk aan: Christiaan van der Vyver, Danika
du Plessis en Jorick Fourie met
hul matriek-uitslae.
Nuwe personeellede: Mev A Delport; mev M Meyer en me M van der Merwe.
Verjaardag: Me M Engelbrecht (Sat 16 Jan). Baie
geluk. Mag dit ‘n wonderlike en geseënde jaar vir jou wees.
7. ALGEMEEN
- Inry met motors op skoolterrein om kinders af te laai
word nie toegelaat nie.
- Geen ouers mag in die skoolgebou tydens skoolure wees
nie.
- Afsprake moet
by die sekretaresse gemaak word om opvoeders te sien.
Ø
Die skoolhekke
sal tydens skoolure gesluit wees. (Elektriese glyhek sal toegang bied tot die
sekretaresses – inteken by veiligheidswag)
Die drie kosbaarste besittings wat ek
het, is my familie, my geloof en my gesondheid. Gary Player
Vriendelike groete

_____________
C D Eksteen
SKOOLHOOF
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ek, ouer van
________________________________________ Gr __________ erken ontvangs van Omsendbrief 1/2010.
______________________ _______________
HANDTEKENING DATUM